Baie dankie Dal Paneelkloppers en personeel.
Die versekering het my voertuig na Dal Paneelkloppers verwys vir herstelwerk.
Alhoewel en nie van Groblersdal is nie het die personeel my dadelik op my gemak geplaas.
Ek het besef dat ek die herstelwerk aan hulle kan toevertrou.
Die skade aan my voertuig was enorm en ek was uit die veld geslaan toe ek my voertuig in ontvangs neem. My voertuig het soos ‘n nuwe een gelyk. Die gehalte herstelwerk was puik en van hoogstaande gehalte.
Daarmee saam is die gesindheid, behulpsaamheid en vriendelikheid van die personeel hoogs komplimenteerbaar. Ek sal nie weer van ‘n ander Paneelklopper gebruik maak nie en kan Dal Paneelkloppers aanbeveel vir hoogstaande diens.